Die Geskiedenis van Woelwater Pre-Primêr:
   
  In September 1974 begin Mev. v.d. Walt ‘n groepie met 5 kleuters in die NG Kerksaal. Mev. T. Conradie sluit in 1975 by haar aan as hulp.
Op 1 Julie 1975 word die Groep geregistreer by die D.V.O.; die eerste Ouerkommitee word gestig;
Mev. Conradie word as die Hoof aangestel en ‘n kompetisie word gehou om vir die skool ‘n naam te kry.
 

Vanaf September 1975 staan die skool bekend as Woelwater Pre-Primêre Skool.
In Junie 1976 vertrek Mev. Conradie na Transvaal en Mev. Ingrid du Plessis (later Millar) word as die Hoof aangestel.
In 1979 betrek Woelwater kleuters en Personeel hulle nuwe gebou; die planne is opgetrek deur
Mnr. M. de Villiers.

  Amptelike opening vind plaas in 1980. Mev. Lana Vosloo word vanaf 1984 as Hoof aangestel waarna Mev. Celia v.d. Merwe oorneem as Hoof in Mei 2005. Woelwater Pre-Primêr dien na 35 jaar steeds met trots die gemeenskap van Amanzimtoti.

VISIE

Om 'n grondslag te lê wat gebasseer is op geloof en vertroue in ons Hemelse Vader en sy aan sy met ons ouers te bou aan ons kleuters se suksesvolle toekoms.
Om sekuriteit te bied aan ons kleuters deur middel van struktuur, liefde en roetine en sodoende geluk en emosionele ontwikkeling te verseker.

MISSIE

Ons bereik ons Visie deur:
Konstante hoë standaard Christelike onderrig aan ons kleuters te bied.
‘n Geintegreerde program te volg wat die voorgeskrewe Hiersiene Nasionale Kurrikulum insluit, in ‘n veilige liefdevolle omgewing waar elke kleuter op sy eie pas tot sy/haar volle potensiaal ontwikkel.
Elke kleuter as ‘n individu te sien en sy/haar menswees te vestig op die Ses Pilare van Karakter, naamlik: Regverdigheid, Verantwoordelikheid, Burgerskap, Omgee, Respek en Betroubaarheid.
ONS LEUSE "'n Goeie begin het nooit 'n einde nie" spreek vanself

Mark. 10:16: Hy het Sy arms on die kindertjies gesit, en hulle die hande opgelê en hulle geseën.
Om uit te vind : HOE FUNKSIONEER 'N PRE-PRIMêRE SKOOL WAT ‘N GEïNTEGREERDE OF OOPDAGPROGRAM VOLG: Klik hier

facebook
 

Hoofblad | Personeel | Groepe | Program | Nasorg | Kontak ons | Vind ons | Gallery

(C) Copyright 2009: WOELWATER: Webpage created by Kainos