Kuswag Atletiek 2013 Gr. R’e

KUSWAG SKOOL ATLETIEK WOENSDAG 7 AUGUSTUS:
Hierdie is ons Gr. R maatjies se heel eerste kennismaking met GROOTSKOOL atletiek.
Dit is vir hulle ’n onvergeetlike dag en ’n hoogtepunt wat hulle graag met hulle pappa en/of mammas sal wil deel.
Die verrigtinge begin om 09:00 – 10:00 en is verpligtend vir al ons Gr. R’e. Kan ons vra dat u asb. u kleuter om 08:40 by Kuswag Skool sal hê? Die kleuters kom almal bymekaar op die vierkant in die parkeer area en stap dan saam met ons juffrouens as ’n geheel met ons Woelwater banier.
Kleuters MOET asb. almal hul geel Woelwater hempies, pers/swart Woelwater broekies/skort dra en ’n R20-00 aan die klas juffrou oorhandig vir ’n worsbroodjie, koeldrank en lekkertjie wat vir hulle reggehou word by Kuswag.
Bring u kamera saam om hierdie trotse naellopertjies se prestasie te verewig.

Woelwater Pretloop 2013

Ons pretloop vind plaas op Saterdag 31 Augustus by die Amanzimtoti Piekniek Area. Die roete wat geloop word is vanaf die Piekniek Area met Beach Road op tot by Sweetwaters, om tot op die promenade en terug tot by die Piekniek area (± 2km). Woelwater Ouers kan nou al kaartjies by die kantoor koop teen R10-00 per persoon. Almal stap saam, van ouma en oupa tot babas in stootkarretjies. Elke deelnemer ontvang ’n medalje.

Hierdie dag gaan beslis soos vorige jare propvol pret vir die hele gesin wees! Daar word heerlike eetgoed, drinkgoed en lekkernye verkoop by ons stalletjies soos uiteengesit op die volgende briefie. Ons gaan sommer net hierdie dag saamet mekaar en ons klomp Woelwaters geniet! Nooi gerus familie en vriende om saam te stap, die verrigtinge behoort om 12:30 afgehandel te wees.

Soos met ander funksies kan ons ook nie hierdie een aanpak sonder ons Ouers se hulp en ondersteuning nie.

Fotodag

Liewe Ouers,  dit is weer skool foto tyd! Ons tema die jaar is Wilder as die Wildtuin! 6 Augustus – Klas Foto’s en Gr. R foto’s, 7 Augustus – Individuele Foto’s , 8 Augustus – Familie en Groep Foto’s. Vir admin doeleindes en om dinge bietjie makliker te maak vir ons fotograaf gaan ons die jaar vra dat U asb die bestelvorm in u kleuter se boekie voltooi. Geen foto’s sal geneem word sonder n bestelvorm nie en geen foto’s sal gedruk word sonder betaling nie.